Liewe Jesus

by Susan
(New Zealnd)

Liewe Jesus
Vandag gaan ek deur n rowwe tyd. Ek sit in n vreemde land en voel so alleen. Ek weet nie wat om te vra nie want ek voel depressief omdat Jak nie sy werkspermit kry nie. Liewe Jesus ek weet nie hoekom U my hierna toe gestuur het nie ek werk elke dag met klein kindertjies wat van buite en binne stukkend is. Help my om nogsteeds vir hul n goeie juffrou te wees al voel ek stukkend binne my oor my eie kind. Liewe Jesus Dirkie is alreeds by U en vandag voel ek, ek wil liewer daar wees want ek het genoeg gehad. My siel is rou en swart en ek kan nie die lig sien nie net donker........ Liewe Jesus help asb vir Jak en stuur n uitkoms want ek weet nie. Hoekom kry ek so verskriklik swaar en is altyd in hierdie verskriklike hartseer gedompel en het al vergeet hoe om REGTIG te lag. Ek dink die dag toe ek Dirkie aan die tou gekry het, het ek my lag en siel verloor. Here U weet hoe bang is om te bid van daardie verskriklike dag af. HERE HELP ASSEBLIEF EN STUUR N UITKOMS!
AMEN

Comments for
Liewe Jesus

Click here to add your own comments

My prayer for Susan in New Zealand NEW
by: Anonymous

We are strangers in a strange land ... We might speak the same language but our roots are always where we were born, and emigration is a transplanting that shakes us to our foundations. Only in Christ can we find that rock of ages that will stabilise our lives. I pray that you will find friends, companionship, practical support and understanding. Amen.

Liewe Jesus NEW
by: Anonymous

Susan, bid vir jou vir rustigheid en kalmte in jou gemoed, kan getuig dat God partykeer op snaakse wyse werk! Glo met my hele hart dat daar net sonskyn na die donkerte wag vir jou, daar is n rede hoekom jy so ver in n vreemde land is , daar is iemand wat jou baie nodig het probeer om op te hou antwoorde soek en jy sal dit raaksien. Bid dat al hartseer in vreugde sal verander. Sterkte bid vir jou, jy is nie alleen nie God is by jou God is voor my,Hy sal my altyd lei; God is agter my, Hy waak altyd oor my;God is langs my,om my troos te wees;God is om my, ek hoef niks te vrees "

Liewe Jesus luister NEW
by: Morne

Susan, ek weet nie wanner jy die gebed opgestuur het nie, maar ek weet dat jy desperaat moes wees ten tye van jou gebed. Om n gebed op skrif te sit. Jy is nie allen in n freemde land nie, jy sal ook nooit alleen wees nie. Net die blote feit dat jy jou gebed op skrif gesit het glo ek dat mense by jou in jou gebede en ook in hulle gebede aangesluit het. Dankie dat jy jou na God gedraai het in jou tye van nood. Wees serk, en ek glo dat Liewe Jesus jou sal bystaan in jou tye van nood. Liewe Jesus kan jou angs en opregtheid aanvoel, ek is seker daarvan. Ek het nie vir jou raad nie, en kan jou nie na iemand verwys nie, maar ek dink jy is op die regte pad.

Click here to add your own comments

Join in and write your own page! It's easy to do. How?
Simply click here to return to Prayers for Strength


Popular Prayers

Share These Prayer Pictures!

Prayers


popular prayers